Tuis
TRANSLATEGELUKSOORD, Tehuis vir verswakte bejaardes, Tarentaallaan, Onder-Papegaaiberg, Stellenbosch, 7600
Geregistreer as ‘n Nie-winsgewende Maatskappy (Nutsmaatskappy).
Geleë aan die voet van Papegaaiberg in ‘n veilige landelike omgewing omring deur die natuurskoon eie aan Stellenbosch. Die tehuis is naby die sakekern van die dorp, besigheidsentrums en mediese fasiliteite.
Die tehuis is ‘n keurige tuiste vir verswakte bejaardes en ander chronies verswakte volwassenes. ‘n Omvattende diens en verblyf word aan 80 inwoners gebied.
Persone wat met Demensie en Alzheimer se siekte leef, word in ‘n spesiale afdeling versorg.
Tydelike versorging gedurende die herstelperiode na operasies en ernstige siektes word gebied.
Die tehuis word bestuur deur ‘n direksie en ‘n gegradueerde vrouepastoor met verpleegkundige agtergrond.
Geluksoord in Onder-Papegaaiberg het tans plek beskikbaar vir nuwe inwoners in al die afdelings en woonstelle. Die tehuis bied ‘n tuiste vir verswakte bejaardes wat versorging nodig het, van dié wat nog tot ‘n mate hulself kan versorg tot mense wat 24/7 versorging nodig het. Daar is ook ‘n afdeling vir persone met demensie en Alzheimer se siekte. Kontak gerus die tehuis by (021) 887 3124/5 vir meer besonderhede.
FASILITEITE
Geluksoord kan 80 inwoners in die hoofgebou en woonstelgebou wat met ‘n gang aan die hoofgebou verbind is, huisves:
- Woonstelle vir persone wat hulself nog tot ‘n mate kan versorg.
- Enkel- en dubbelkamers vir inwoners wat nie hoë sorg benodig nie.
- Vierbedkamers vir dié wat meer intensiewe sorg nodig het.
- ‘n Spesiale afdeling vir inwoners wat Demensie en Alzheimer se siekte het.
- Tydelike versorging vir die herstelperiode vir persone na ‘n operasie of ernstige siekte.
TARIEWE/FOOIE
Die fooie dek die volgende:
- Fisiese versorging van die inwoner, hulp met bad of stort, aantrek en eet.
- Koördinering van die inwoners se medikasie.
- Drie maaltye per dag (inaggenome spesiale diëte) met tee en koffie gedurende die dag en saans. Daar is eetkamers vir dié inwoners wat kan en graag saam met ander
inwoners wil eet. - Wasgoed word daagliks gewas en gestryk.
- Skoonmaak van kamers en woonstelle.
GESTIG 1980




DIENSTE
Geluksoord bied volle losies met 24 uur omvattende verpleegsorg aan.
‘n Verpleegdiensbestuurder, opgeleide verpleegkundiges en verpleegassistente is 24 uur per dag aan diens.
GESKIEDENIS
In die beginjare het die destydse Vriendekring van Geluksoord ruim bygedra in die vorm van liefdadigheid, fondsinsamelings en straatkollektes. Dié groep dames was ook instrumenteel in die daarstel en inrig van die haarsalon. In 1980 het hulle ‘n wapen aan Geluksoord in tapeserievorm gegee. Hierdie wapen hang steeds in die gang by die voorportaal. Die wapen is tiperend van die 1980’s en bevat simboliek wat eie is aan die Eikestad.
SPESIALE GELEENTHEDE/NUUS
Geluksoord bied jaarliks ‘n paar spesiale geleenthede vir die inwoners en lede van die gemeenskap aan. Van die geleenthede is net sosiaal, ander om ook die tehuis se fondse te versterk.

Mei
Markdag
Markdag is elke jaar ‘n geleentheid wanneer personeel, familie van inwoners, verskaffers en vriende van Geluksoord saamwerk om fondse vir die tehuis in te samel. ‘n Velerlei lekkernye, snoepgoed en interessante artikels word verkoop.

Junie
Sop & Sjerrie

September
Lentetee
Die lentetee by Geluksoord is ‘n spesiale geleentheid elke jaar. Familielede, vriende of persone uit die gemeenskap tree as gasvrouens op, koop ‘n tafel en verkoop kaartjies vir die geleentheid. Die inwoners word betrek as gaste vir die geleentheid.

November
Kersete
Die Kersete, vir inwoners en familielede, vind gewoonlik in November plaas en sluit die jaar se sosiale geleenthede af.
RAAK BETROKKE BY GELUKSOORD
‘n Paar praktiese idees en moontlikhede hoe u ‘n verskil in hul lewe kan maak:
- Gee ‘n donasie (eenmalig of maandeliks)
- Skenk ‘n erflating (kontak gerus die tehuis vir meer inligting)
- Besoek inwoners wie se familie ver woon (wanneer ons weer kan)
- Raak betrokke by die Markdag of Lentetee – skakel gerus Geluksoord vir meer inligting.